Persoonlike fisiese sekuriteit was nog nooit 'n groot geheim. In die ou dae is paraatheid in jou ingedril en dit is hoe jy jou persoonlike sekuriteit ook moet hanteer. Werk planne uit om die aanval op jou en jou familie te voorkom en bewerk ook 'n plan om dit af te weer. Optrede nadat die aanval plaasgevind het, is ook belangrik.
Paraatheid beteken eenvoudig dat almal moet weet - wie, wat, wanneer, waar, hoekom en hoe. Almal moet gereeld aan die planne herinner word en soms moet dit ook ingeoefen word. 'n Eenvoudige aksie soos "Vuur-en-beweging" in die weermag, is in ons ingedril met herhaling. Met werklike aanvalle het niemand veel gedink maar net gedoen soos jy geleer het.
Elke gesin se situasie, huis en omgewing verskil van die volgende gesin sin. Oplettendheid deur al die lede van die familie kan julle lewens red. Byvoorbeeld jou troeteldiere se reaksie wanneer jy by die huis kom. Goed wat uit plek is, vensters of deure wat oop is maar nooit daardie tyd van die dag behoort oop te wees nie. Staan jou TV nog op sy plek as jy deur die voordeur loop. Wat is die wagwoord wanneer iemand onraad merk - die persoon skree "aanval!" en almal hardloop na buite en bel 'n noodnommer as hulle buite kom.
Die noodnommer sal liewer die van goeie vriende wees wat weer op hulle beurt die gewapende reaksie en polisie kan laat weet indien julle oorval word. Afriforum (911) bied 'n diens op hulle webwerf aan, waar jy vir iets soos R5 kan registreer en ses nommers kan oplaai en deur een nommer te sms, al ses van daardie mense kan laat weet jy het nood. Almal in die gesin kan byvoorbeeld hulle selfone reg kry voordat jy by die huis stop en reg hou indien julle aangeval word. Julle kan ook jul selfone met Afriforum 911 reg sit wanneer julle gaan slaap.
Kyk wie is jou bure, maak seker jy kan hul huishulp en tuinier uitken. Kyk vir vreemdes in jou omgewing. Staar hulle reguit aan sonder om weg te kyk. Laat hulle weet jy sien hulle. Dis jou goeie reg om rond te kyk. Ek vra sommer wat hulle soek ook - "Ek bly hier en het jou nog nooit in die omgewing gesien nie. Soek jy iemand of iets hier?"
Hierdie is almal se keuse en elke volgende persoon gaan probeer om jou die regte optrede te verduidelikheid. Maar ek meen, wanneer jy aangeval word, is daar net een manier om op te tree - raak woedend en baklei hand en tand of met enige iets wat 'n wapen is. En as dit lyk of jy die "fight" gaan verloor, dan raak jy eers kwaad en dan veg jy dat die byle huil.
Dit is my persoonlike opinies oor die saak maar ons gesinne se veiligheid is nog altyd 'n saak na aan ons harte. Ek meen Paraatheidsplan, Oplettend en Veglustig is jou belangrikste wapens teen geweldsmisdaad.
Sterkte.
Persoonlike Sekuriteit
Started by Christo, Sep 29 2010 03:18 PM
No replies to this topic
1 user(s) are reading this topic
0 members, 1 guests, 0 anonymous users










